Skip to Content
Leeuwbult
  • About Us
  • Auctions

    Auction 2019

    Auction 2020

    Auction 2021

    Auction 2022

    Auction 2023

    Auction 2024

    Auction 2025

    Auction 2026 

  • Breeding Policy
  • Blog
  • Contact us
  • +27(83) 627 8397
  • Sign in
  • Contact Us
Leeuwbult
      • About Us
      • Auctions
      • Breeding Policy
      • Blog
      • Contact us
    • +27(83) 627 8397
    • Sign in
    • Contact Us
  • All Blogs
  • Auction
  • Veiling nommer 8 — hier kom ons!
  • Veiling nommer 8 — hier kom ons!

    Ons kyk terug na hoe ons genetika verbeter het oor die afgelope paar jaar.
    26 April 2026 by
    Izak Cronje
    | No comments yet

    Toe ons in 2019 ons eerste produksieveiling aangebied het, het ons 'n duidelike doel gehad: om elke jaar beter diere aan te bied as die vorige jaar. Oor die afgelope 8 jaar het ons konsekwent daarop gefokus om ons seleksie te verfyn en meer doelgerig te teel.

    Hier is 8 maniere hoe ons genetika oor die afgelope paar jaar ontwikkel het:

    01

    Voorkoms

    Voorkoms is vir ons belangrik as dit kom by ons diere en daarom keur ons hul self deur 'n gebalanseerde benadering te volg waar ons kyk na 'n dier se syfers sowel as sy voorkoms. Die verskillende keurders wat deur die Bonsmara genootskap aangestel word help ons ook om objektief na die voorkoms van ons diere te kyk. Die keurders is onafhanklik en onpartydig en die finale sê oor 'n dier se voorkoms lê by hulle.

    02

    Fase-C het sentraal geraak

    Fase-C toetsing het ontwikkel van 'n hulpmiddel na 'n kern deel van ons seleksieproses. 'n Dier moet homself kan bewys met sy data, nie net goed lyk nie.

    Beide bulle én verse word onderwerp aan:

    • ♦ Streng voerdoeltreffendheid / groei evaluerings toetse
    • ♦ Objektiewe metings

    Besluite word gemaak op feite, nie aannames nie.

    Ons sien dat hierdie benadering vir ons groot vrugte afwerp as ons kyk na ons voeromset EBV van -41 en indeks syfer van 103 (ras gemiddeld -37). Leeuwbult bulle se nageslag vreet dus minder om dieselfde gewig op te tel.

    Bron: Logix Genomiese Verslag, SA Stamboek, April 2026 — Leeuwbult se EBV-indekse vergelyk met die ras
    03

    Groter fokus op die moederlyn

    Ons het besef dat genetiese vooruitgang nie net by die bul begin nie. Deur meer aandag te gee aan vrugbaarheid, vervangingsverse en moeder eienskappe bou ons 'n sterker fondament vir die hele kudde.

    'n Vrugbare koei is 'n winsgewende koei. Leeuwbult se vrugbaarheidssyfers bewys dat ons verse vroeër en meer gereeld kalf. En dit is 'n enorme ekonomiese voordeel vir die kommersiële boer:

    107
    Vers Vrugbaarheid
    106
    Koei Vrugbaarheid
    102
    Langlewigheid

    Ras gemiddeld = 100

    04

    Meer gebalanseerde diere

    'n Goed gebalanseerde kudde was nog altyd vir ons ononderhandelbaar. Ons jaag nie net een eienskap na as ons diere selekteer nie. Ons lengte indeks van 107 en skrotumomvang indeks van 104 bewys dat ons teel besluite neem met die doel om funksionele en gebalanseerde diere te teel.

    As dit kom by balans is die verhouding van speen direk en speen maternaal vir ons belangrik. Die ras se speen direk is 15.8 en die speen maternal is 3.45. Dit gee vir jou 'n verhouding van 4.58.

    Leeuwbult se speen direk is 19.6 en die speen maternal is 3.88. Dit gee vir ons 'n verhouding van 5.05. Ons streef na 'n verhouding van tussen 4.5 en 5.

    “Ons jaag nie net een eienskap na as ons diere selekteer nie. Ons glo in balans.”

    05

    Genetiese sekerheid en integriteit

    Met tegnologie het ons 'n nuwe vlak van sekerheid bereik. Ons gebruik:

    • ♦ DNA vaderskap bevestiging
    • ♦ Toetsing vir genetiese mutasies
    • ♦ Akurate meting van voeromset deur middel van Fase-C groei toetsing van ons jong bulle en ook alle vervangingsverse

    Minder raaiwerk. Meer vertroue vir die koper.

    06

    Diere wat in die veld presteer

    Prestasie in 'n toetsomgewing is belangrik maar dit is nie die enigste maatstaf nie. Ons diere:

    • ♦ Gaan terug veld toe ná toetsing
    • ♦ Moet hulself bewys onder werklike toestande

    Want dis waar hulle uiteindelik moet werk.

    07

    Meer konsekwente tipe en nageslag

    Oor tyd het ons kudde meer uniform geraak. Dit beteken:

    • ♦ Minder variasie
    • ♦ Meer voorspelbare nageslag
    • ♦ Beter kudde-eenvormigheid

    Byvoorbeeld die hoogte lengte verhouding word sterk aangespreek in ons teeldoelwit wat dan bydra tot die teling van die regte tipe dier wat ideaal is vir ons omgewing. Tydens Fase C toetse word beide geslagte se hoogte en lengte akkuraat gemeet.

    08

    Meer doelgerigte, data-gedrewe teling

    Waar besluite vroeër meer intuïtief was, is dit vandag meer doelgerig. Ons gebruik data, tegnologie en prestasie-inligting om beter besluite te neem. Elke paring het 'n rede.

    Ons genomiese verslag vir April 2026 gee ons 'n eerlike blik op waar ons staan — en dit help ons om te verstaan watter waarde ons genetika vir 'n koper se kudde kan inhou:

    Eienskap Leeuwbult Ras Gemiddeld
    Speengewig 107 100
    GDT (Gem. Daaglikse Toename) 108 100
    Produksie Waarde 107 100
    Koei Waarde 107 100
    Bron: Logix Genomiese Verslag, April 2026 — Genetiese tendense vir plaastoets eienskappe (rooi = Leeuwbult, blou = ras)

    Wat ons egter die meeste bemoedig, is die rigting waarin ons beweeg. Oor die afgelope 10 jaar wys ons genetiese tendense 'n konsekwente opwaartse lyn — 'n teken dat die seleksie-besluite van jaar tot jaar die regte vrugte dra. Ons kalfgroei-indeks het gestyg van 97 in 2016 na 109 in 2025, en ons 2025-bulkalwers se GDT-indeks staan op 115.

    Bron: Logix Genomiese Verslag, April 2026 — Genetiese tendense vir groeitoets en karkas eienskappe

    Vir die kommersiële boer beteken dit diere wat meer doeltreffend groei, vroeër kalf en beter presteer onder natuurlike toestande — nie net in 'n toetsomgewing nie.

    Oor die afgelope 8 jaar het baie verander, in die wêreld, in die bedryf, en op ons plaas. Maar ons fokus het dieselfde gebly: om diere te teel waarop ons trots kan wees, en wat werklik 'n verskil maak in 'n boer se kudde.

    Ons glo dat vanjaar se groep hierdie reis weerspieël.

    in Auction
    # Bonsmara
    Share this post
    Tags
    Bonsmara
    Our blogs
    • General
    • Stud News
    • Success Stories
    • Auction
    Archive
    Sign in to leave a comment

    Read Next
    3rd Old Grey Stud Breeders Auction
    Leeuwbult Bonsmara bied aan Lot 7 & 8.
    Follow us

    Whitefield Farm • Theunissen, Free State • South Africa

    • +27(83) 627 8397
    • leeuwbultbonsmaras@gmail.com
    Copyright © Leeuwbult Boerdery
    Powered by Odoo - Create a free website