Ons Reis na die
2026 Veiling
SAVE THE DATE
18 June 2026
Whitfield Plaas - Theunissen - 11h00
DAE OOR
DIE JAAR AGTER ONS
Ons Reis na die 2026 Veiling
Die 2025/2026 seisoen was 'n besige jaar by Leeuwbult — vol harde werk, lang dae, en die soort oomblikke wat jou herinner waarom jy boer.
Daar was uitdagings, soos wat altyd die geval is op die plaas. Maar daar was ook oomblikke van groot trots.
STAMBOEK STREEKSTOEKENNING
Een van die hoogtepunte van die jaar was toe ons dubbel goud verwerf het by die
jaarlikse Stamboek streekstoekennings — 'n erkenning wat nie ligtelik gegee word
nie, en die resultaat is van jare se toegewyde seleksie en meting.

By Leeuwbult glo ons dat genetiese vordering 'n langtermyn-verbintenis is. Dit is nie iets wat jy in een seisoen bou nie. Dit is iets wat jy dag na dag, jaar na jaar, bou. En dit is presies wat ons gedoen het.
Maar boerdery is meer as net syfers en sertifikate. Dit is 'n manier van lewe. 'n Voorreg om saam met jou gesin te werk, op grond wat betekenis het, en te doen waarvoor jy lief is.
'n Verdere seën hierdie jaar is dat ons hele kudde ten volle ingeënt is teen Bek-en-Klouseer — iets waarvoor ons opreg dankbaar is.
Ons het ook lekker pret gehad hierdie jaar — en dit sien jy op ons sosiale media. Gaan kyk gerus. Hier by Leeuwbult weet ons: boerdery is lekkerkry.
Die voorbereiding vir die 8ste Produksieverkooping op 18 Junie 2026 is reeds in volle swang. Ons is opgewonde oor wat ons vanjaar gaan aanbied — en ons kan nie wag om dit met jou te deel nie.
100
VROULIKE DIERE
8
PRODUKSIE VEILINGS
30
SP BULLE
1995
SEDERT
100
VROULIKE DIERE
8
PRODUKSIE VEILINGS
35
SP BULLE
1995
SEDERT
ONS KUDDE STANDAARDE
Fase C Getoets
Dubbel Goud - Stamboek
Ten Volle BKS Ingeënt
Vry van Myostaten Mutasies
ONS KUDDE STANDAARDE
Fase C Getoets
Dubbel Goud - Stamboek
Ten Volle BKS Ingeënt
Vry van Myostaten Mutasies
Lot Information
Lot Information
Contact Us
Should you have any questions or need more information, please feel free to get in touch with us.




































