Our Breeding Policy
This is a simple hero unit, a simple jumbotron-style component for calling extra attention to featured content or information.



TEELBELEID LEEUWBULT BONSMARAS
Hier by Leeuwbult glo ons aan eerlikheid, deursigtigheid en volhoubaarheid asook bewyse van dit wat ons propageer en nastreef.
Vir Leeuwbult Bonsmaras is dit belangrik om aan die voorpunt van genetiese vordering te bly. Dit word duidelik weerspieël in ons nuutste kuddeprofiel waarop ons baie trots is en ‘n bewys is van enorme genetiese vordering tov verskillende eienskappe oor ‘n tydperk van 5 jaar vanaf 2017 tot nou.
‘n Goeie verwysings raamwerk vir genetiese vordering kan verkry word deur kudde gemiddeldes van verskillende eienskappe met die ras gemiddeldes te vergelyk. By Leeuwbult wil ons graag produktiewe en funksionele diere teel waarvan die teelwaardes in verhouding is en ook kompeterend is binne die ras bv
- SPEEN DIREK TOT SPEEN MATERNAAL VERHOUDING
- HOOGTE TOT LENGTE VERHOUDING
- PRODUKSIE TOT ONDERHOUDS VERHOUDING
- VRUGBAARHEID TOT PRODUKSIE VERHOUDING
Vir Leeuwbult Bonsmaras om die doelwitte te handhaaf gebruik ons ‘n parings program Genepro om te help met die saamstel van doelwitte en die beraamde nageslag wat gaan aankom. Hierin speel die Fase C groeitoetssentrum ook ‘n enorme rol omdat alle aanteel diere wat in die kudde opgeneem word Fase C getoets word. Daarom is teelwaardes se akkurathede betroubaar en hoog.
Vir ons is dit ook belangrik om nie uiterstes met mekaar te paar nie maar meer gemiddeldes sodat die nageslag wat aankom nie te veel afwyk van die teel doelwitte sou die diere in produksie kom bv indien jy uiterste teelwaardes met mekaar paar kan die nageslag enige rigting inslaan – goed of sleg tov van daardie eienskap. Om dit te verhoed maak ons gebruik van minimum en maksimum waardes in ons teel doewit bv ons wil nie dat eienskappe soos groei en maternale waardes uit verhouding raak en so produksie negatief beinvloed nie.
As daarna gekyk word is die ras gemiddeld is vir speen direk ongeveer 14 en die vir speen maternaal 4. Maw jy kan na 4 tot 1 verhouding verwys waarna ons streef. Tans is ons speen direk teelwaarde ongeveer 17 met ‘n speen maternale teelwaarde van 5.
Vrugbaarheid is vir ons die belangrikste eienskap en sal altyd die verwysingspunt bly of ons nie te veel in ‘n onproduktiewe rigting beweeg nie. Hiermee bedoel ons dat ons ekstensief met ons koeie wil boer en as hulle nie goeie vrugbaarheids syfers het nie teel ons weg van die natuur en weet ons dat die teel doewit aangepas moet word om nog steeds vrugbaarheid 1 ste te plaas.
Kalf gemak is ook vir ons baie belangrik omdat daar ekstensief geboer word in die veld en koeie asook verse in die veld kalf . Gedurende die afgelope 7 jaar was Leeuwbult gemiddelde geboorte gewig 33.05 kg vir beide geslagte
Groete en lekker boer
Izak Cronje
BREEDING POLICY LEEUWBULT BONSMARAS
Here at Leeuwbult, we believe in honesty, transparency, sustainability, and proof of what we propagate and strive for. For Leeuwbult Bonsmaras, it is essential to remain at the forefront of genetic progress. This is reflected in our latest herd profile, of which we are very proud and is evidence of significant genetic progress in various traits over 5 years from 2017 to now.
A good reference framework for genetic progress can be obtained by comparing herd averages of different traits with breed averages. At Leeuwbult, we aim to breed productive and functional animals whose breeding values are in proportion and also competitive within the breed, for example:
- WEANING DIRECT TO WEANING MATERNAL RATIO
- HEIGHT-TO-LENGTH RATIO
- PRODUCTION-TO-MAINTENANCE RATIO
- FERTILITY-TO-PRODUCTION RATIO
To maintain the objectives, Leeuwbult Bonsmaras uses a breeding program called Genepro to assist in setting goals and predicting the offspring that will be produced. The Phase C growth testing centre also plays a massive role in this, as all breeding animals in the herd are tested in Phase C. Therefore, the accuracy of breeding values is reliable and high.
For us, it is also vital not to mate extremes with each other but instead averages so that the offspring does not deviate too much from the breeding objectives when the animals enter production. For example, if you mate with extreme breeding values, the offspring can go in any direction - good or bad - concerning that trait. We use minimum and maximum values in our breeding objectives to prevent this. For example, we do not want traits such as growth and maternal values to become unbalanced and negatively affect production.
Looking at the breed average, we aim for a weaning direct to weaning maternal ratio of 4 to 1. Our weaning direct breeding value is approximately 17, with a weaning maternal breeding value of 5.
Fertility is our most important trait and will always remain the reference point to ensure we do not move too much in an unproductive direction. By this, we mean we want to farm extensively with our cows. If they do not have good fertility figures, we will breed away from nature and know that the breeding objectives must still be adjusted to prioritise fertility.
The ease of calving is also essential because we farm extensively in the field, and cows and heifers calve in the field. During the past 7 years, Leeuwbult's average birth weight was 33.05 kg for both sexes.
Regards and happy farming,
Izak Cronje
