Skip to Content

3rd Old Grey Stud Breeders Auction

Leeuwbult Bonsmara bied aan Lot 7 & 8.
23 June 2025 by
Leeuwbult Boerdery (Ptd) Ltd
| No comments yet

Die 3de 'OLD GREY STUD BREERDERS AUCTION'  word aangebied om 11h00 op 27 Junie 2025 te Airborne Emoya, Bloemfontein. Daar gaan 15 Bulle en 120 Vroulike diere aangebied word. Sien meer details aan die onderkant van die Blog.

Leeuwbult Bonsmara bied aan Lot 7: IC 23-523 en Lot 8: IC 22-173. Sien ons kommentaar oor die twee uitsonderlike bulle hier onder. 

Hierdie is waarlik ‘n baie goeie geleentheid om top genetika te bekom vir enige teler. Stoet sowel as kommersieël.


Moenie die geleentheid misloop nie.


IC 23-523

Nog ‘n puik jong seun van IC 18-107. Hierdie bul staan ook bekend as Leeuwbult se 2024 Nampo bul.  IC 23-523 is die halfbroer van IC 22-023 –   IC 22-023 was die duurste bul gewees tydens Leeuwbult se produksie veiling in 2025 en is gekoop deur Sernick Bonsmara’s vir R150,000.00.

Leeuwbult se gemiddelde bul prys tydens 2025 se produksie veiling was R78,620.00.

Die seuns van IC 18-107 se gemiddeld was R98,000.00.

Bogenoemde sluit baie mooi aan en onderstreep ons rangering van bulle in ons vergelyking tussen bulle wat gesien en bespreek word op www.leeuwbult.com.  Gaan lees dit gerus en besluit self.

IC 23-523 se vaar IC 18-107 is ‘n bul met besonderse lengte van lyf, diepte en kapasiteit asook uitsonderlike loop vermoë en aanpasbaarheid asook vrugbaarheid en word steeds gebruik in die kudde.

Sy kondisie tussen die koeie aan die einde van die dekseisoen is altyd dieselfde of beter as wat dit was toe dekseisoen begin het te midde van reën wat dikwels skraps is en somtyds moeilike omstandighede.  Sy mooi en prominente skof gee hom ‘n “presence” en sy “manlikheid” bly altyd opvallend met ‘n mooi temperament.


IC 22-173

‘n Mooi, donker rooi bul met besonderse groei, diepte asook kapasiteit soos weerspieël in sy Fase C groeitoets uitslae. Puik karkaseienskappe asook mooi gebalansseerde syfers uit ‘n besonderse vrugbare moederlyn is verdere eienskappe van hierdie bul.  Indien jy opsoek is na ‘n bul wat vir jou klein kalwers by geboorte gaan lewer asook besonderse groei en swaar speen massa is die bul jou antwoord.

Let ook op na sy vers vrugbaarheid ten spyte van sy oogspier grootte van 118 wat ondersteun word deur ‘n vet dikte van 109 - Iets wat nie elke dag gesien word nie.  Hy sal dus ook  hoëgehalte vervangings verse kan teel.

Sy impak op enige kudde sal van onskatbare waarde wees.


Veilings Details

3de OLD GREY BUDDY AUCTION.

  Vrydag, 27 Junie 2025

  11h00

  Airborne Emoya, Bloemfontein (Google Maps Link)

  Online Bidding - SwiftVee

Kontak Nommers: 

Izak Cronje - 083 627 8397

George Cronje - 082 800 7983

Share this post
Tags
Archive
Sign in to leave a comment