Skip to Content
Leeuwbult
  • Home
  • About Us
  • Auctions

    Auction 2019

    Auction 2020

    Auction 2021

    Auction 2022

    Auction 2023

    Auction 2024

    Auction 2025

    Auction 2026 

  • Breeding Policy
  • Blog
  • Contact us
  • +27(83) 627 8397
  • Sign in
  • Contact Us
Leeuwbult
      • Home
      • About Us
      • Auctions
      • Breeding Policy
      • Blog
      • Contact us
    • +27(83) 627 8397
    • Sign in
    • Contact Us
  • All Blogs
  • Auction
  • Leeuwbult Bonsmara: Getoetste, bewese genetika waarop jy kan reken
  • Leeuwbult Bonsmara: Getoetste, bewese genetika waarop jy kan reken

    8 June 2026 by
    Leeuwbult Bonsmara: Getoetste, bewese genetika waarop jy kan reken
    SDX AFRICA
    | No comments yet
    Leeuwbult BonsmaraTheunissen Since 1995

    Getoetste Bewese Genetika Waarop Jy Kan Reken

    Nie elke boer koop om dieselfde rede nie. Sommige soek speenkalfgewigte. Ander soek vrugbaarheid. Sommige soek poenskop genetika. Ander soek geharde bulle wat onder moeilike toestande kan presteer. Hier is werklik ‘n bul vir elke behoefte by ons 8ste produksieveiling. Om hierdie redes het ons, ons 2026 aanbod in ses groepe verdeel sodat jy vinniger die regte bul vir jou kudde kan vind.

    1

    Bulle Waarvan Verseker Kennis Geneem Behoort Te Word

    Vir die koper wat die beste van die beste wil hê. Bulle wat ‘n impak kan maak.

    Ons het reeds ‘n blog geskryf oor ons top 4 lotte wat regtig die koppe laat draai. Dit is Lot 1, 3, 5 en 8. Klik op hierdie link om die blog te lees:

    https://www.leeuwbult.com/blog/auction-4/ons-top-4-bulle-vir-2026-n-brief-van-izak-en-george-23

    Bulle wat ook uitstaan fenotipies en genotipies is lot 2,4,6 en 7.

    Lot 4 (IC23-449): Die totale pakket

    Hierdie bul het uitstekende fenotipiese eienskappe en daarom sê ons dit is ‘n bul wat goeie bouvorm in jou kudde sal inbring. Hy het ‘n sterk kop, kapasiteit, diepte, goeie toplyn en ‘n sterk agterkwart. Verder beskik hy oor ‘n lengte-hoogte verhouding van 1.25

    Wat ook vir ons uitstaan van hierdie bul is dat hy ‘n gebalanseerde dier is wat ook genotipies uitblink. Hy het ‘n karkaswaarde van 109, koeiwaarde van 107, vrugbaarheid waarde 104 en ‘n speenkalf waarde van 104. Hierdie bul bring feitlik alles na jou kudde

    Hy is die nageslag van LAR14-200 (oupa). Sy oupa grootjie aan vaderskant is PHR10-113. PHR10-113 was ‘n kuddevaar en ons onthou hom as ‘n bul met die regte temperament. Hy het ook vir ons ‘n baie vrugbare moederlyn geteel met baie melk en groei. Vandag 16 jaar later sien ons steeds hoe goeie temperament, melk en groei asook vrugbaarheid deur kom in sy nageslag.

    Lot 6 (IC23-689): Die Kol-skoot bul

    Foto 2 Lot 6 IC23-689 Infografika Lot 6 · IC23-689 — Infografika Plaas die Lot 6 infografika-kaart hier
    Foto 3 Lot 6 IC23-689 Bulfoto Lot 6 · IC23-689 — Bulfoto Sleep die bulfoto van Lot 6 hier in (landskap, ~16:10)

    Lot 7 (IC23-695): Vrugbaarheid en melk in oorvloed

    Foto 4 Lot 7 IC23-695 Infografika Lot 7 · IC23-695 — Infografika Plaas die Lot 7 infografika-kaart hier
    Foto 5 Lot 7 IC23-695 Bulfoto Lot 7 · IC23-695 — Bulfoto Sleep die bulfoto van Lot 7 hier in (landskap, ~16:10)
    2

    Die Curve Benders

    Vir die koper wat gemaklike kalwing én swaar speenkalwers wil hê.

    Gaan kyk gerus na die volgende lotte 1,2,3,9,16,19,22,25,31,33

    Wat is ‘n Curve Bender?

    Dis die droom kombinasie. Dis ‘n bul wat kalwers sal teël wat swaar speenkalwers sal word maar die kalwers sal ook maklik gebore word want hulle sal lig wees by geboorte.

    Lot 2- IC23-633 is so bul. Hy het ‘n geboortegemak waarde van 105 wat vir homself praat .

    Let ook op na sy speenkalf waarde van 120 wat beteken dat hierdie bul se kalwers effektief sal groei om swaar speenkalwers te word.

    In kort, hierdie bul se kalwers gaan vir jou meer kilogramme gee as dit kom by speentyd, wat meer geld beteken indien jy ‘n speenkalf produsent is.

    Let ook op na ons kudde se GDT en VOV teëlwaarde indekse wat onderskeidelik 108 en 103 is en baie akkuraat is omdat alle nuwe eie aanteel manlike en vroulike diere wat in die kudde inkom Fase-C getoets is.

    Dit beteken dat Leeuwbult diere ook goed groei na speen . Sou jy jou kalwers self sal wil afrond en die totale voordeel dan na jou toe kom.

    Foto 6 Lot 2 IC23-633 Bulfoto Lot 2 · IC23-633 — Bulfoto Sleep die bulfoto van Lot 2 hier in (landskap, ~16:10)
    3

    Die Speenkalfbulle

    Vir die kommersiële produsent wat kilogramme wil verkoop

    Hierdie groep is gebou rondom:

    • Speenkalf waarde en speen indeks
    • Groeiwaarde
    • Karkaswaarde

    Lot 23 IC23-705

    • Speen indeks 114
    • Speenkalf waarde: 122
    • Groeiwaarde: 102
    • Karkaswaarde: 124

    Lot 29 IC23-725

    • Speen indeks 112
    • Speenkalf waarde: 117
    • Karkaswaarde: 103

    Lot 34 IC23-573

    • Speen indeks 111
    • Speenkalf waarde: 105
    • Groeiwaarde: 105
    • Karkaswaarde: 108
    4

    Die 107 Lyn ⭐

    Vir die koper wat besonderse lengte van lyf soek

    In 2024 het ons die voorreg gehad om een van ons bulle by Bonsmara SA se Nampo stalletjie uit te stal. Hierdie bul was IC18-107 ‘n bul wat vir homself praat.

    107 is verseker ‘n Leeuwbult kuddevaar en ons gebruik nog van sy seuns in ons kudde. Hier is ook heelwat van sy verse wat fenotipies en genotipies nog ‘n baie groot bydrae maak en gaan maak in die Leeuwbult kudde.

    107 het 6 seuns wat hierdie jaar op ons produksieveiling gaan wees en ons is regtig opgewonde oor hulle. Dit is Lot 1,3, 6,14, 21, en 25.

    Lot 1 het ‘n top bouvorm en ‘n groei waarde van 120.

    Terwyl Lot 3 ‘n GDT (117) en ‘n VOV (114) het wat vir top groei en voeromset sal sorg. Dis ‘n gebalanseerde bul met goeie bouvorm.

    Lot 6 is ‘n kol-skoot bul met sy pa se lengte van lyf.

    Lot 14 het tans ‘n skrotum omtrek van 420 wat ‘n strek indikasie is van vrugbaarheid en ons sien dit deur kom in sy vrugbaarheidssyfer van 113. Hy het ook ‘n karkaswaarde van 115.

    Lot 21 het ‘n vrugbaarheids waarde van 112 en ‘n groei waarde van 107.

    Lot 25 beskik oor ‘n indrukwekkende gemiddelde teelwaarde indeks van 110 oor al die hoof teelwaardes . Hierdie is ‘n bo-gemiddelde bul wat ‘n bo-gemiddelde nageslag sal teel .

    Verder het hy ‘n speenindeks van 113 en ‘n karkaswaarde van 127. Verseker ‘n bul vir vleis.

    Hierdie 107 lyn sal verseker ‘n verskil maak in jou kudde of jy nou ‘n stoet of kommersiële beesboer is.

    Foto 7 IC18-107 Nampo Bul Vaar Ontmoet die vaar: IC18-107 (Nampo bul) Plaas die foto van die vaar IC18-107 hier
    Foto 8 Lot 14 IC23-673 Bulfoto Lot 14 · IC23-673 — Bulfoto Sleep die bulfoto van Lot 14 hier in (landskap, ~16:10)
    5

    Die Geharde Span

    Vir moeilike omstandighede en met die oog op die voorspelde El Niño.

    Nie elke plaas en seisoen is maklik in Suid-Afrika nie . Die Suid Afrikaanse beesboer kort bulle wat kan vasbyt wanneer die veld, weer en ekonomie jou kudde toets. Leeuwbult bulle is gehard maar hierdie bulle het so bietjie ekstra gehardheid in hulle omdat hulle beskik oor sterk moederlyne, goeie vrugbaarheidswaardes en lanklewendheiswaardes.

    Lot 11 IC23-579

    • Vrugbaarheidswaarde: 118
    • Lanklewendheidswaarde: 104

    ‘n Bul wat vrugbaarheid in jou kudde inbring en dogters teel wat lank produktief bly.

    Lot 27 IC23-559

    • Moeder TKP: 379 dae
    • Vrugbaarheidswaarde: 105
    • Lanklewendheidswaarde: 101

    Bewese moederprestasie gekombineer met goeie funksionele eienskappe.

    Lot 31 IC22-185

    • Moeder TKP: 396 dae

    'n Bul uit 'n koei wat jaar na jaar haar werk gedoen het.

    Lot 32 IC23-635

    • Moeder TKP: 366 dae
    • Vrugbaarheidswaarde: 111
    • Lanklewendheidswaarde: 106

    Uitstekende kombinasie van vrugbaarheid en langtermyn-produksie prestasie

    Wanneer toestande moeilik raak, is dit die regte genetika wat die verskil maak want dit is een van die faktore waaroor ons beheer het.

    ◆
    6

    Die Poena 🐂

    Vir die koper wat poenskop genetika soek

    Omdat ons in die negentigs 15 poena koeie en ‘n bul in ons basis kudde ingebring het weet ons dat Leeuwbult oor poenskop genetika beskik. Vandaar die besluit om die 2026 aanbod te toets vir die poena geen wat gelei het tot die ontdekking van Lot 22.

    Lot 22 IC23-649 is ‘n heterosigotiese poena Pp(c)

    Sy waarde lê daarin dat hy nie net ‘n poena is nie maar ook ‘n Curve Bender wat baie ander goeie kwaliteite bied waarvan kennis geneem moet word.

    • Geboortegemakwaarde: 101
    • Speenkalfwaarde: 114
    • Groeiwaarde: 117
    • Karkaswaarde: 126

    En dit stop nie daar nie...

    • Koeiwaarde: 111

    Gemiddeld van 108 oor al 7 hoofwaardes.

    Ons is werklik opgewonde om hierdie bulle na verskillende kuddes te stuur en te sien hoe hul waarde toevoeg.

    Kom geniet die veiling saam ons. Ons sien uit om jou daar te sien op die 18de Junie 2026 op die plaas Whitfield in die Theunissen distrik.

    Vir verdere navrae kontak ons gerus

    Izak Cronje 083 637 8397

    George Cronje 082 800 7983

    Start writing here...

    in Auction
    Share this post
    Tags
    Our blogs
    • General
    • Stud News
    • Success Stories
    • Auction
    Archive
    Sign in to leave a comment

    Read Next
    Ons Top 4 Bulle vir 2026: 'n Brief van Izak en George
    Leeuwbult Bonsmara | Theunissen | Veiling: 18 Junie 2026
    Follow us

    Whitefield Farm • Theunissen, Free State • South Africa

    • +27(83) 627 8397
    • leeuwbultbonsmaras@gmail.com
    Copyright © Leeuwbult Boerdery
    Powered by Odoo - Create a free website