Hoe kan ons bulle jou kudde vorentoe vat?
Geneties bewys. Prakties getoets. Reg vir jou kudde.
As boer weet jy presies wat 'n bul moet doen: hy moet kalwers lewer wat sonder probleme gebore word, vinnig groei en swaar speen. Elke kilogram speengewig is 'n rand in jou sak. Dis nie 'n geheim nie, dis wiskunde. By Leeuwbult Bonsmaras bou ons ons teelwaardes om daardie doel.
Ons is in die proses om ons 2026 bul aanbod te finaliseer. Die data spreek van self en die genetiese teelwaarde-verslag van SA Stamboek praat duidelik. Hier is waarom die 2026 aanbod die moeite werd is om te oorweeg.
Ligter by geboorte MAAR swaarder by speen.
Die enigste manier om minder kalwingsprobleme en meer speengewig gelyktydig te verkry, is deur die regte genetika. Ons kudde se Geboortegemak-indeks staan op 100 - gelykstaande aan die rasgemiddeld. Terwyl die Speengewig-indeks op 107 is. Dit beteken jou koeie kalf makliker, maar die kalwers is steeds geneties aangelê om swaar te speen. Jy hoef nie tussen maklike kalwing en goeie groei te kies nie, jy kry albei.
Indeks
Indeks
Indeks
Indeks
Indeks
Waarde
Bo-100 beteken bo die rasgemiddeld. Al hierdie syfers is gebaseer op Genomiese Teelwaardes (GEBVs) wat deur SA Stamboek bereken word. Dit is nie ons eie skattings nie, dit is wetenskaplik getoetste data.
Groei wat geld maak
Die Kalfgroei-indeks van 107 weerspieël genetiese potensiaal vir voorspeense groei. 'n Naspeense groei-indeks van 106 en 'n GDT (Gemiddelde Daaglikse Toename) van 108 wys dat die groei na speen ook sterk bly. Of jy nou speenkalwers verkoop of self grootmaak, hierdie genetika sal sigbaar wees aan die einde van die seisoen.
Met 'n VOV indeks van 103 is dit ook winsgewend om 'n dier na speen te voer en hulle self af te rond sodat jy self die voordeel kry van 'n goeie voeromset.
Die groep se goeie gehalte van verlede jaar is nie net behou nie, maar selfs verbeter. Ons plaas 'n sterk fokus op verhoudings: 'n bul moet 'n gebalanseerde dier wees wat verskeie eienskappe saam dra, nie net uitblink in een eienskap nie.
Izak Cronje — Leeuwbult BonsmarasVrugbaarheid: die stille winsmaker
Kalwingsprobleme is duur. Maar 'n koei wat nie kalf nie, is nog duurder. 'n Vrugbaarheidsindeks van 107 - sewe indeks punte bo die rasgemiddeld - beteken ons bulle se dogters is geneties aangelê om vroeer te kalf en gereeld te herhaal. Dit is die fondament van 'n winsgewende beesboerdery: meer kalwers per koei per jaar.
Eenvormigheid: Jou Geheime Wapen vir Markkrag
Hierdie jaar se groep bulle toon uitsonderlike eenvormigheid. Wanneer jou speenkalwers eenvormig is, beloon die kopersmark jou met goeie pryse. Ons bulle se Koeivrugbaarheids-indeks van 107 en goeie Speenkalfwaarde van 105 dra by tot 'n kudde wat bestendig presteer - nie net sporadies nie.
Oor eenvormigheid: Dit maak selfs die keuse van die finale 30+ bulle 'n uitdaging, want die wat nie die pyp rook nie, is net so sterk soos die bulle wat wel die pyp rook. Uiteindelik kom dit neer op persoonlike voorkeur en wat die beste by jou kudde pas. Dit is verseker 'n goeie probleem om te he.
George CronjeBalans, Balans en nogmaals balans.
Een van die grootste risiko's by bul koop is 'n bul wat uitstekend is in een eienskap maar te kort skiet op ander gebiede. Ons teelfilosofie fokus op verhoudings - niks is "uitermatig" nie. Die Karkaswaardes (indeks 106), Onderhoud (94) en Melkwaarde (101) bevestig 'n bul wat 'n gebalanseerde genetiese pakket bied:
- Lae geboortegewig relatief tot speengewig - minder kalwingsprobleme, meer vleis
- Goeie kalfgroei en naspeense aanpassing op die veld
- Voldoende melkgenetika sodat vroulike nageslag hulle eie kalwers kan groot maak
- Lae onderhoudsbehoefte - koeie wat hulself in kondisie hou sonder oormatige voer
- Sterk vrugbaarheid oor geslagte heen, nie net die eerste kalf nie
Inenting teen bek-en-klouseer
Al Leeuwbult se diere is ingeënt teen bek-en-klouseer. In 'n land waar BKS 'n ernstige bedreiging inhou, is dit 'n voordeel wat jou beskerm om ingeënte diere te koop op Leeuwbult se produksieveiling van 2026. Dit gee jou meer gemoedsrus in baie onseker tye.
Wat dit vir jou beteken
Of jy op vleis, vrugbaarheid of 'n lae-onderhoud waarde fokus - Leeuwbult bulle is geneties geteel om jou plaas en kudde se winsgewendheid te verbeter. Teelwaardes word nie geskat nie; dit is bereken deur SA Stamboek se Genomiese Analise-stelsel (April 2026) met honderde metings oor geslagte heen.
Die finale bul seleksie vir die 2026 veiling is nog in proses. Hou gerus ons sosiale platforms dop vir meer inligting.
Kontak ons vandag
As jy vrae het oor spesifieke teelwaardes, paringsadvies of hoe ons bulle in jou kuddeprogram kan inpas, kontak ons gerus. Elke bul wat jy koop, is 'n belegging in speenkalwers wat presteer.