Skip to Content

Opbrengs op Kapitaal van Stoet Bulle

8 February 2025 by
Izak Cronje
| No comments yet

Die 2024/2025 seisoen het sy eie unieke uitdagings soos dit maar gaan in die boerdery omgewing in SA. Reën is maar skaars gevolglik word mens en dier maar beproef en onder druk geplaas. Ons vertrou egter dat die res van die seisoen rooskleurig sal wees vir almal en sien uit na ons 7de Produksie veiling die 19 de Junie 2025.


‘n Vraag wat dikwels gevra word is hoe duur ‘n teler vir ‘n bul kan betaal en wat is bekostigbaar en ook hoe ingekoopte bulle vaar teenoor eie bulle geteel? Verseker ‘n baie relevante vraag veral in die 2024/2025 seisoen.


Leeuwbult Bonsmaras streef na kudde volhoubaarheid. Produserende diere, gesondheid en voervloei program is on onderhandelbaar. Saam met die verskillende aspekte van kudde bestuur moet jy ook kyk na die volhoubaarheid van jou diere in die kudde bestuurs program. Genetiese bestuur, as mens dit so kan stel, verg baie dissipline om die doelwit te bereik wat jy wil hê moet jou kudde weerspieël in die groter prentjie, naamlik die Bonsmara ras.



Soos gesien kan word in die grafiek streef Leeuwbult Bonsmaras na bo gemiddelde diere op produksie eienskappe sonder dat van jou belangrike eienskappe soos geboorte gemak en vrugbaarheid negatief beinvloed word.


Ons wil ook nie ekstreme diere teel nie, dit is hoekom daar duidelik gesien kan word ons streef daarna dat ons gemiddelde teelwaarde indeks tussen 100 en 110 is in die verskillende eienskappe. 100 is ras gemmiddeld.   


Hier by Leeuwbult het ons ‘n vergelyking getref tussen 6 bulle waar ons ekonomiese eienskappe en fenotipe in ag neem asook inkomste per bul per jaar bereken soos deur die vrye mark asook die Bonsmara stelsel bepaal.

 

Hier volg die bulle onder bespreking :

1. IC 18-107  (ons 2024 Nampo bul en seun van NFS 15-069)

2. IC 18-155 (Seun van NFS 15-069 en vaar van IC 21-799 verkoop vir R 130 000 tydens 2024 Produksie Veiling)

3. NFS 15-069 Aankoop prys R 180 000

4. CEF 12-459 Aankoop prys R 50 000

5. LAR 13-059 Aankoop prys  R 280 000

6. CEF 12-490 Aankoop prys R 120 000


IC 18 - 107 

 

  • Verse opgeneem in kudde = 33
  • Persentasie 8 punters = 24%
  • Gemiddelde punt van verse tydens keuring = 6,91
  • AANNAME:  7 PUNT vers se waarde is R20,000.00
  • BEREKENING:  6.91/7=98.714 %
  • 98.7 % van R20,000 = R 19,740.00 x met 33 verse = R651,420.00 [A]
  • 5 Bulle wat geteël is en in die kudde gebruik is se waarde bereken teen die gemiddelde bul prys behaal tydens 2023 en 2024 Leeuwbult produksie veilings 
    • 5 x R 65,000.00 = R 325,000.00 [B]
  • 14 Seuns verkoop tydens Leeuwbult produksieveilings asook uit die hand en bulle in die pyplyn 
    • Aantal seuns in 2025 bulstring = 5 (skoon)
    • @ R58 000.00/bul = R812,000.00 [C]
  • [A] + [B] + [C] = R1,788,420.00 – R 45,000.00  produksie koste van eie bul
    • = R1,743,420.00 / 5 jaar van gebruik
  • R348,684.00 inkomste per jaar   

IC 18 -  155 

 

  • 15 Verse opgeneem in kudde teen ‘n gemiddelde punt van 7,06
  • Persentasie 8 punters = 20%
  • 7.06/7 = 101% X R20 000 = R20,200.00
  • X met 15 verse = R303,000.00 [A]
  • Gebruiksbulle geteel = 1 @ R130,000.00 (IC 21-953) [B]
  • 10 seuns verkoop en in pyplyn @ R72,000.00 per bul
  • Aantal seuns in 2025 bulstring = 2 (skoon)
    • = R 720 000.00 [C]
  • [A] + [B] + [C] = R1,153,000.00 – R45,000.00 PRODUKSIE KOSTE  VAN EIE BUL 
    • = R1,108,000.00/5 JAAR GEBRUIK
  • R221,600.00 inkomste per jaar

NFS 15 - 069   

 

  • 41 Verse opgeneem in kudde teen ‘n gemiddelde punt van 6,78
  • Persentasie 8 punters = 19 %
  • 6,78/7 = 96,9 % = R 19,380.00 x 41 verse = R794,580.00 [A]
  • Gebruiks bulle geteël (IC18-107 EN IC 18-155)  = 2 @ R180,000.00/bul = R360,000.00 [B]
  • Vir berekenings doeleindes is daar ‘n waarde van R180,000.00 stuk op bg bulle  geplaas alhoewel die duurste bul wat Leeuwbult nog  verkoop het IC 21-799  vir R130,000.00 tydens ons 2024 produksie veiling aan Johan Germishuys van Heilbron.
  • Ons plaas ‘n waarde van R180,000.00 op die twee  bulle om die som regverdig en geloofwaardig  te maak en omdat hulle vaar (NFS15-069) vir daardie bedrag ingekoop is en omdat die twee bulle hulle self reeds bewys het soos weerspieël uit die meegaande berekeninge.
  • Let ook op dat IC 21-799 ‘n seun is van IC 18-155 wat weer ‘n seun is van NFS 15-069 
  • Seuns verkoop en in die pyplyn = 6 @ R58,000/bul
  • Aantal in 2025 bulstring = 2
    • = R348,000 [C]
  • [A]+ [B] + [C] = R1,502,580.00 – R180,000.00 (Aankoop prys )
    • = R1,322,580.00/6 JAAR GEBRUIK
  • R220,430.00 inkomste per jaar

CEF 12 - 459   

 

  • 17 Verse opgeneem in kudde teen ‘n gemiddelde punt van 6,82
  • Persentasie 8 punters = 6 %
  • 6.82/7 = 97,43 % = R19,486.00 X 17 verse = R331,262.00 [A]
  • Gebruiks bulle geteel = 1 @ R70,000.00 (IC 17-843) [B]
  • 14 Seuns verkoop @ R53,928.57 / bul
  • Aantal seuns in die 2025 bulstring = 2 (skoon)
    • = R754,999.00 [C]
  • [A] + [B] + [C] = R 1 156 261.00 – R50,000.00 AANKOOP PRYS =
    • R1,106,261.00/7 JAAR GEBRUIK
  • R158,037.00 inkomste per jaar

LAR 13 - 059    

 

  • 36 Verse opgeneem in kudde teen ‘n gemiddelde punt van 7
  • Persentasie 8 punters 14%
  • 7/7 = 100 % = R20,000.00  X 36 verse = R720,000.00 [A]
  • Gebruiks bulle geteel = 1 @ R130,000.00  (IC 20-591) [B]
  • Bg bul het nog nie genoeg nageslag om aan hom ‘n hoër waarde as die duurste bul wat Leeuwbult nog verkoop het toe te ken nie.
  • Hy is nog jonk en ons sien uit om te sien hoe hy vaar en hou hom met groot verwagting dop.
  • 9 Seuns verkoop @ R55,600.00/bul
  • Aantal seuns in 2025 bulstring = 4 (skoon)
    • = R500,400.00 [C]
  • [A] + [B] + [C] = R 1 350 400.00 – R280,000.00 AANKOOP PRYS =
    • R 1,070,400.00 / 7 JAAR GEBRUIK
  • R 152,914.29 inkomste per jaar

CEF 12 - 490     

 

  • 26 Verse opgeneem in kudde teen ‘n gemiddelde punt van 6.81
  • Persentasie 8 punters = 12%
  • 6.81/7 = 97.29 % = R19,458 X 26 verse = R505,908.00 [A]
  • Gebruiks bulle geteel = 0 [B]
  • 13 Seuns verkoop @ R45,461.53/bul
  • Aantal seuns in 2025 bulstring = 1 (skoon)
    • = R591,000.00 [C]
  • [A] + [B] + [C] = R1,096,908.00 – R120,000.00 AANKOOP PRYS =
    • R976,908.00/7 JAAR GEBRUIK
  • R139,558.29 inkomste per jaar

Opsomming en rangorde van Bulle volgens bogenoemde berekeninge:


  1. IC 18-107 (NAMPO 2024 Bul) inkomste per jaar R348,684.00
  2. IC 18-155 inkomste per jaar R221,600.00
  3. NFS 15-069 inkomste per jaar R220,430.00
  4. CEF 12-459 inkomste per jaar R158,037.00
  5. LAR 13-059 inkomste per jaar R152,914.29
  6. CEF 12-490 inkomste per jaar R139,558.29


Share this post
Tags
Archive
Sign in to leave a comment