Skip to Content
Leeuwbult
  • Home
  • About Us
  • Auctions
    2025 Auction
    2019 Auction
    2024 Auction
    2021 Auction
    2023 Auction
    2020 Auction 
    2022 Auction
  • Breeding Policy
  • Blog
  • Contact us
  • +27(83) 627 8397
  • Sign in
  • Contact Us
Leeuwbult
      • Home
      • About Us
      • Auctions
      • Breeding Policy
      • Blog
      • Contact us
    • +27(83) 627 8397
    • Sign in
    • Contact Us
  • All Blogs
  • Stud News
  • Miostatien Mutasie
  • Miostatien Mutasie

    Dubbelbespiering; DM
    22 April 2025 by
    Miostatien Mutasie
    SDX AFRICA
    | No comments yet

    ‘n Normale Miostatien-geen produseer normale miostatien, ‘n proteïen wat veroorsaak dat spiergroei stop in ‘n jong groeiende dier. Indien daar ‘n spesifieke fout is in die geen (mutasie), is die miostatien proteïen ‘stukkend’ en hou die dier se spiere aan met groei en veroorsaak dit dubbelbespiering (DM). 

    Dubbelbespierde diere het meer vleis met minder vet, ‘n swak skelet en verskeie ander gesondheidsprobleme. Diere met die nadelige mutasies is dus nie geskik vir ekstensiewe boerdery nie. 

    Daar kan verskeie mutasies (foute) in die miostatien geen voorkom. Sommige is nadelig (rooi), ander nie so erg nadelig nie (blou), terwyl ander nie dubbelbespiering veroorsaak nie (groen), en net beskou word as natuurlike variasies wat met genomiese toetsing opgetel word.

    Draers

    Mutasies wat dubbelbespiering veroorsaak kom algemeen in baie rasse oor die wêreld voor. Die mutasies is ressesief of gedeeltelik ressesief, wat beteken mens kan ‘n draer moeilik fenotipies uitken – dis beter om ‘n genomiese toets te doen om die dier se status te bevestig. Die graad en aard van die effekte van dubbelbespiering is waarskynlik ook afhanklik van ander gene in die ras en dier.

    Nadelige Mutasies

    • nt821:

    Veroorsaak erge dubbelbespiering en geboorteprobleme indien homosigoties. Dit is die geen wat by die Belgian Blue voorkom en is ook die mees algemene mutasie onder die Stamboek-rasse wat tot dusver getoets is.

    • Q204X:

    Veroorsaak ook erge dubbelbespiering en geboorteprobleme indien homosigoties. Oorspronklik in die Charolais gevind.

    • E226X, E291X, nt419 & C313Y:

    Baie skaars en nog nie hier gevind nie.

    Neutrale Mutasies
    • nt267, nt324, nt414, nt748 & L64P:

    Dui op variasie binne geen, maar veroorsaak nie dubbelbespiering nie, omdat die miostatien proteïen normaal werk.

    Minder Nadelige Mutasies

    • F94L:

    Diere toon minder dubbelbespiering en het goeie gehalte vleis en geen geboorteprobleme nie, hoewel daar volgens lliteratuur wel ‘n e ek op vrugbaarheid en lanklewendheid mag wees. Dit is die geen wat algemeen in die Limousin ras voorkom, en is ook in Suid-Afrikaanse rasse gevind, maar is relatief skaars.

    • S105C & D182N:

    Baie skaars, nog nie hier gevind nie.

    Parings

    1. Skoon op Draer:
      Daar is ‘n 50% kans vir ‘n draer en 50% kans vir ‘n skoon kalf. Die geboorte van dubbelbespierde kalwers kan dus verhoed word deur te sorg dat een van die ouers skoon is. Helfte van kalwers uit hierdie parings is skoon en kan verkoop word / opgeneem word in die kudde. Indien skoon bulle gebruik word, is dit dus nie nodig om al die koeie ook te toets nie, net kalwers wat vir teling geselekteer word en geen dubbelbespierde kalwers sal gebore word nie. Die gebruik van skoon bulle sal die frekwensie van die geen in die kudde / ras oor tyd laat afneem.
    2. Draer op Draer:
      Daar is 25% kans vir ‘n skoon kalf, 50% kans vir ‘n draer en ‘n 25% kans vir ‘n dubbelbespierde kalf. Dubbelbespierde diere is oor die algemeen wan-funksioneel in meeste omgewings en kan nie in die kudde opgeneem word nie, dus is so ‘n kalf in e ek verlore vir stoetteling. Dubbelbespierde en draer kalwers verhoog die risiko van swaarder geboortemassas en dus moeiliker geboortes, veral by verse. Die aanhoudende gebruik van draer bulle sal veroorsaak dat die dubbelbespieringsgeen-frekwensie in kudde / ras toeneem.




    Vir meer inligting oor die Leeuwbult Bonsmarastoet se GENOMIESE VERSLAG te bespreek, vul die vorm in en ons sal u kontak.

    Submit
    in Stud News
    Share this post
    Tags
    Our blogs
    • General
    • Stud News
    • Success Stories
    • Auction
    Archive
    Sign in to leave a comment

    Read Next
    Opbrengs op Kapitaal van Stoet Bulle
    Follow us

    Whitefield Farm • Theunissen, Free State • South Africa

    • +27(83) 627 8397
    • leeuwbult@eleo.co.za
    Copyright © Leeuwbult Boerdery
    Powered by Odoo - Create a free website