Skip to Content
Leeuwbult
  • Home
  • About Us
  • Auctions
    2025 Auction
    2019 Auction
    2024 Auction
    2021 Auction
    2023 Auction
    2020 Auction 
    2022 Auction
  • Breeding Policy
  • Blog
  • Contact us
  • +27(83) 627 8397
  • Sign in
  • Contact Us
Leeuwbult
      • Home
      • About Us
      • Auctions
      • Breeding Policy
      • Blog
      • Contact us
    • +27(83) 627 8397
    • Sign in
    • Contact Us
  • All Blogs
  • Stud News
  • Dié 2023-Bulaanbod Vry van Miostatienmutasies
  • Dié 2023-Bulaanbod Vry van Miostatienmutasies

    Landbou.com Artikel
    12 May 2023 by
    Dié 2023-Bulaanbod Vry van Miostatienmutasies
    SDX AFRICA
    | No comments yet

    Toetse het getoon dat die totale 2023-bulaanbod by Leeuwbult Bonsmaras-produksieveiling skoon is van Q204X-, NT821- en F94L- miostatienmutasies.


    “Ek dink dit is die eerste keer in die beesbedryf dat gesê kan word die hele aanbod by ’n produksieveiling vry is van die drie miostatienmutasies,” sê Izak Cronjé wat die Leeuwbult Bonsmara-stoetery op die plaas Whitfield buite Theunissen in die Vrystaat bedryf.


    Die veiling is op 22 Junie 2023 om 11:00 op Whitfield.


    Onder die hamer is 30 SP-bulle, wat fase C-getoets is en goed aangepas is op natuurlike weiding. Ook op aanbod is 100 kommersiële vroulike diere wat insluit dragtige verse, eerstekalfkoeie, dragtige koeie, koeie met kalwers, asook drie-in-eens.

    Kopers van Leeuwbult Bonsmaras gee jaarliks goeie terugvoering oor dié beeste se aanpasbaarheid, vrugbaarheid, kalfgemak, speenkalfproduksie en karkaswaarde. In dié eienskappe presteer die kudde bo die rasgemiddelde. Hierdie prestasies is te danke aan die wetenskaplike benadering wat Cronjé met sy kudde volg.


    “Ons gebruik die GenePro-paringsprogram om die beste kombinasie diere met mekaar te paar en sodoende vinnig genetiese vordering te maak. Dan gebruik ons ook SA Stamboek se sabeefbulls.com om manlike en vroulike diere se waarde te bepaal, asook om bulle te identifiseer ten opsigte van belangrikste ekonomiese eienskappe.”


    Cronjé doen fase C-groeitoetse op sy plaas waarvan die data deur Stamboek verwerk word. Die toetsstasie kan 140 diere per toets huisves. “Die fase C-toetse meet en verhoog die akkuraatheid van teelwaardes ten opsigte van spesifieke eienskappe gemeet in die toetsstasie wat ons help om die nageslag se genetiese waarde akkurater te voorspel en dan genetiese vordering te bespoedig.”



    Weiding, voer en toetse


    Whitfield is in ’n somerreëngebied met ’n gemiddelde reënval van 470 mm per jaar. Vanaf Oktober tot Julie loop Cronjé se diere op natuurlike weiding en smutsvingergras. In die winter word mieliereste gebruik nadat mieliekoppe opgetel is. In die somer kry die diere ’n soutfosfaatlek en in die winter ’n proteïenlek. Kalwers word op sewe maande gespeen en ontvang geen kruipvoeding op die veld nie.

    “Alle funksioneel korrekte kalwers, manlik en vroulik, met ’n speenindeks van meer as 90 word direk ná speen na die fase C-toetsstasie op die plaas gebring,” sê Cronjé. “In die stasie gaan hulle deur ’n twee- tot drieweek-aanpassingperiode waarna die groeitoets begin. Vir die toets gebruik ons ’n betreklik koue rantsoen in korrelvorm met ’n hoë veselinhoud.”


    Die verse word slegs vir 56 dae getoets en die bulle se toets duur 84 dae. Vroulike en manlike diere met ’n gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) en/of voeromsettingsverhouding (VOV) met ’n indeks van minder as 90 asook bulle wat ongeveer 10 maande oud is ná die afsluiting van die groeitoets met ’n skrotumomtrek van minder as 305 mm gekorrigeerde mate word uitgekot. Die oorblywende diere ondergaan die normale keuringsproses soos deur die genootskap vasgestel. Albei geslagte word dan op natuurlike weiding met ’n produksielek in die veld grootgemaak. Jong bulle, sowel as verse word ook elke drie weke geweeg terwyl hulle op natuurlike veld loop om te bepaal watter diere bogemiddeld presteer op natuurlike weiding.


    Al die diere in die stasie word getoets vir die miostatien-mutasie en DNS-vaderskaptoetse word gedoen.


    By Leeuwbult Bonsmaras word verse op 18 maande gedek. Daar is ’n somerdekseisoen vanaf 15 Januarie tot 15 April en ’n winterdekseisoen vanaf 15 Julie tot 15 Oktober.


    “Somerreën val dikwels eers later in die seisoen wat meebring dat ons beste weiding in die najaar beskikbaar is, wat dan met ons somerdekseisoen saamval. Van die bulle wat in deur die fase C-toets is en goedgekeur is, word so vroeg as op 1-jarige ouderdom in die kudde gebruik,” sê Cronjé.


    Kry die volledige artikel hier: Landbou.com

    in Stud News
    Share this post
    Tags
    Our blogs
    • General
    • Stud News
    • Success Stories
    • Auction
    Archive
    Sign in to leave a comment

    Read Next
    It is April on Whitfield
    A Glimpse into Life of the Leeuwbult Stud
    Follow us

    Whitefield Farm • Theunissen, Free State • South Africa

    • +27(83) 627 8397
    • leeuwbult@eleo.co.za
    Copyright © Leeuwbult Boerdery
    Powered by Odoo - Create a free website